Kollig span

Die Kollig op Winnie Rust Nel

Winnie Rust Nel is ‘n gekwalifiseerde Junior Primêre onderwyseres wat gespesialiseer het in drama-onderrig aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy het as onderwyseres gewerk by die De La Bat Skool vir Dowes in Worcester, asook die Curro privaatskool. Sy het ook internasionale onderwys-ervaring in Nederland, Engeland en Ierland opgedoen.

Winnie het in 1999 die Foukids kinderteater begin en het groot opvoedkundige kinderteater projekte gedoen saam met o.a. die Departement Gemeenskapsveiligheid en Die Burger.

Sy het vanaf 1999-2010 kinderteater gedoen.

In 2010 begin sy die Winnie Nel Kinderdramaskool by Laerskool Stellenbosch en vervaardig meer as 10 groot kinderteater produksies.

In 2019 vervaardig sy haar eerste Woordfees produksie, “Met of Sonder Woorde”.

Sy het ‘n twee-jaar kursus in Mindfulness-Based Stress Reduction by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Departement van Primêre Familie-gesondheidsorg voltooi. MBSR is ‘n mediesgefundeerde program wat mense help om op ‘n gesonde manier stres te hanteer en sodoende siekte te voorkom. Sy biednou o.a. MBSR kursusse vir volwassenes en tieners aan. Vir meer inligting oor haar MBSR kursusse, besoek gerus www.weesnet.co.za

Die Kollig op Elizna Swanepoel

Elizna het vanaf sewejarige ouderdom drama- en musiek-klasse geneem.

As leerling by die Pro Arte Alphen Park kunsskool, het sy onderrig in klavier, dwarsfluit en saksofoon ontvang. 

In 2007 het sy drama by die Universiteit van Stellenbosch studeer.

In 2010 het sy met ‘n vennoot Janeekyk Produksies gestig en het ondermeer die teater-reeks en film Kinkel en Konkel vervaardig.

In 2012 was sy deel van die Kyknet kinder televisie-reeks Liefste Kayla en het in haar eerste van ses jaarlikse Lollos kinderfilms gespeel.

In 2013 het sy haar eie, eerste van vier, eenvrou-vertonings begin vervaardig.

Gedurende die afgelope dertien jaar het sy by verskeie kunstefeeste in die land opgetree, ondermeer Woordfees, KKNK, Vryfees en Grahamstad Kunstefees.

Vanaf 2016 is sy deel van Lollos Produksies se verhoogspan, waar sy die rol van Karla vertolk.

Sedertdien werk sy ook in die televisie- en filmbedryf.

In 2021 begin haar liefde vir produksiebestuur wanneer sy agter die skerms as produksie koördineerder by die gewilde Kyk Wie Praat televisiereeks werk. Gedurende hierdie tyd begin sy ook met stemwerk, veral die oorklanking van buitelandse televisiereekse.

 In 2023 het sy haar eerste televisie-reeks, Lollos en Vriende, geskryf wat op die DStv-kanaal via uitgesaai was.

Wat ons bied

Ons kan jou help met die volgende.

Kontak ons gerus vir meer inligting.

GroupCreated with Sketch.

Toneelstukke

Unieke bestaande Kollig-tekste geskryf deur Winnie Rust Nel en Elizna Swanepoel. Die Kollig-span kan ook nuutgeskrewe tekse skryf volgens spesifieke vereistes.

Redenaars

Group 2Created with Sketch.

Produksie bystand

Kollig kan help met die produksie-proses. Van teks, oudisies, repetisies, dekor en kostuums tot verhoogbestuur, tegniese benodighede en bemarking.

Aanlyn Sessies

Group 3Created with Sketch.

Kunswedstryd hulp

Kollig bied hulp aan met kunswedstryd-inskrywings vir die verskeie dramatiese kunste kategorië. Ons bied privaat en groepklasse aan. Skakel ons gerus vir meer inligting.

Poppekas

Kollig Klasse

Klasse in vind plaas in:

Stellenbosch
Somerset Wes
Parklands Johannesburg

Kontak ons gerus vir tye n kostes

Kollig Straal

Toneelfeeste

Kollig neem deel aan toneelfees–kompetisies. Hierdie produksies is van hoogstaande gehalte en die kind is altyd in die Kollig.

Kyk

Ons woon gereeld teater produksies en kultuuraande by wat die kinders blootstel aan teater en ander kunsvorme.

Buite die klaskamer

Kollig skep geleenthede vir kreatiewe skryf, stem werk, asook voor en agter die skerms en verhoog te werk.

Werkswinkels

Hou ons sosiale media platvorms dop vir opkomende werkswinkels

Die Kollig op ons Program

Vind meer uit oor ons Kollig dramaskool.

Kollig dramaskool

By ons dramaskool val die kollig op die kind nes hy of sy is. Ons verhoog, verlig en respekteer elke kind se uniekheid. Ons gee nie om oor krake nie – dit is mos waar die lig deur skyn. Daar word spontaan gespeel en geïmproviseer, sodat die kind se verbeelding en kreatiwiteit kan ontwikkel. In die Kollig dramaskool skep ons oomblikke van betowering wat die kind vir altyd sal by bly.

Nuwe Foto Kollifg op ons Program_opt

Wat maak Kollig Kinderdrama Uniek

Die Kollig op streshantering by kinders

In 1970 het Dr Jon Kabat-Zinn by die Universiteit van Massachusetts mediese navorsing gedoen rondom die effek van Mindfulness op pasiënte wat ly aan, onder andere: pyn, hartsiektes, angs en depressie. Hy het ‘n agt week program saamgestel waar die pasiënte leer om in die oomblik te leef sonder kritiek of oordeel.

Hierdie Mindfulness-beginsel word aangeleer deur doelgerigte oefeninge, bv. asemhalingsoefeninge waar die pasiënt leer om hul fokus vir 40 minute op die sensasie van hul asem te hou. Hoe meer mens hierdie asemhalingsoefeninge beoefen, hoe meer besef jy dat jou gedagtes óf in die toekoms óf in die verlede dwaal en baie weinig in die oomblik is.
Daar is intussen al soveel navorsing gedoen op Mindfulness dat dit nou in die VSA en VK se skool-kurrikulums is.

Winnie gebruik hierdie effektiewe streshanterings program by die Kollig dramaskool en het talle mooi stories van kinders wat geweldige baat daarby gevind het om hul angsvlakke te beheer.

In hierdie tyd met soveel sensoriese prikkels van buite leer Winnie die kinders om daardie stil eiland binne hulself te vind.

Kom ons belig die Kolligklas

Vind meer uit oor ons Kollig dramaskool.

Tydsduur van klasse

Voorskool-klasse: 30min
Graad 1 tot 3: 45min
Graad 4 tot 7: Minstens 60min (afhangende van repetisietye voor ‘n produksie)

Kontak Kollig

    Navrae: info@kollig.co.za

    Elizna Swanepoel 084 404 2547

     

     

    webtuiste ontwerp & geskep deur Elisha Zeeman
    × Waarmee help ons?